Have Any Questions? drseriswerk@lantic.net
012 335 2157 / 87

Dr Anton Seris

()

Dr Anton Seris is gebore in Pretoria en het hier grootgeword en matrikuleer. Hy het aan die Universiteit  van Pretoria gestudeer en behaal in 1982 die graad B.Med.Sci waarna hy in 1986 die graad  MB.Ch.B   verwerf.

Hy het hierna sy internskap by Klerksdorp en Tshepong hospitaal gedoen in 1987. Hy werk as mediese beampte tydens Nasionale Diensplig by die SAW in 1988 – 1989.

Hy spesialiseer in Verloskunde en Ginekologie by die Universiteit van Pretoria vanaf 1990-1993

Dr Anton Seris begin in Privaatpraktyk by Akasia Hospitaal in 1994 en werk ook vanaf 1999 – 2008 by Montana Hospitaal. Na 15 jaar by Akasia Hospitaal skuif hy sy praktyk na Eugene Marais Hospitaal en koop ‘n huis in Fred Nicholsonstaat 316 , waaruit hy voltyds praktiseer. (200 m van Eugene Marais Hospitaal)