About
Dr Anton Seris is gebore in Pretoria en het hier grootgeword en matrikuleer. Hy het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en behaal in 1982 die graad B.Med.Sci waarna hy in 1986 die graad MB.Ch.B verwerf.
Hy het hierna sy internskap by Klerksdorp en Tshepong hospitaal gedoen in 1987. Hy werk as mediese beampte tydens Nasionale Diensplig by die SAW in 1988 – 1989.
Hy spesialiseer in Verloskunde en Ginekologie by die Universiteit van Pretoria vanaf 1990-1993
Dr Anton Seris begin in Privaatpraktyk by Akasia Hospitaal in 1994 en werk ook vanaf 1999 – 2008 by Montana Hospitaal. Na 15 jaar by Akasia Hospitaal skuif hy sy praktyk na Eugene Marais Hospitaal en koop ‘n huis in Fred Nicholsonstaat 316 , waaruit hy voltyds praktiseer. (200 m van Eugene Marais Hospitaal)
Sy belangstellings is hoofsaaklik in die veld van Obstetrie en swangerskappe lê hom veral na aan die hart. Hy verwonder hom nog gereeld aan die wonder van die ontwikkeling van ‘n embrio tot ‘n fetus en die uiteindelike vreugde van ‘n nuwe baba vir die ouers. Hy mik na die voorkoming van premature geboortes en die vermindering van die risiko’s wat hiermee gepaard gaan.
In die veld van Ginekologie het hy nie ‘n spesifieke belangstellingsveld nie en probeer om ‘n algemene dekking van die hele vakgebied te doen, met verwysing van meer gekompliseerde gevalle van onkologie pasiente (kanker) en infertiliteitspasiente (sukkel om swanger te raak) na kollegas wat uitgesoekte spesialiste op die gebied is.
Dr Seris belongs to a number of Professional Organisations including:
- South African Society of Obstetricians and Gynaecologists (SASOG)
- South African Menopause Society (SAMS)
- South African Medical Association (SAMA)
- South African Society of Ultrasound in O&G (SASUOG)
- SA Society of Reproductive Medicine & Gynaecological Endoscopy (SASREG)
- South African Urogynaecology Association (SAUGA)