Swangerskap
Sy belangstellings is hoofsaaklik in die veld van Obstetrie en swangerskappe lê hom veral na aan die hart. Hy verwonder hom nog gereeld aan die wonder van die ontwikkeling van ‘n embrio tot ‘n fetus en die uiteindelike vreugde van ‘n nuwe baba vir die ouers. Hy mik na die voorkoming van premature geboortes en die vermindering van die risikos wat hiermee gepaard gaan.
In die veld van Ginekologie het hy nie ‘n spesifieke belangstellingsveld nie en probeer om ‘n algemene dekking van die hele vakgebied te doen, met verwysing van meer gekompliseerde gevalle van onkologie pasiente (kanker) en infertiliteitspasiente (sukkel om swanger te raak) na kollegas wat uitgesoekte spesialiste op die gebied is.
Dr Seris doen ook die Femilift prosedure by Kloof Laser kliniek in Brooklyn, waar daar met behulp van ‘n laser die probleem van inkontinensie (blaas lek) en verswakte vaginale spiere aangespreek word. Dit is ‘n pynvrye prosedure wat tydens ‘n konsultasie gedoen word en die pasient kan na die prosedure voortgaan met haar daaglikse roetine.
Vir meer inligting kontak Carina by Kloof Laser by 012 346 0812 of besoek: BESOEK WEBBLAD